Survivor stel twee nuwe wyne bekend | Vrouekeur

Maryke Roberts

Spek & Bone is ’n knus restaurantjie en is reg agter Oom Samie se Winkel op Stellenbosch geleë en het ’n paar maande gelede geopen.

Die 2016 Survivor Wild Fermented Chardonnay asook die Survivor Méthode Cap Classique Brut 2011 komplementeer die bestaande en geliefde reeks in styl én druifsoort. Die Survivor wynreeks, met ’n hele aantal plaaslike- en internasionale toekennings, is vernoem na ’n Nguni-koei. Die Nguni, vandag bekend as Survivor, het per ongeluk haar weg na ʼn plaas in die Swartland-gebied gevind, nadat sy van ʼn trok wat deur die gebied gery het, afgespring het. Sy het wonder bo wonder van haar beserings herstel en vandag betoon hierdie wyne eer aan hierdie ongewone koei, asook die hartlike gees en buitengewone terroir van die Swartland, waar die druiwe vir hierdie reeks wyne vandaan kom.

“Hierdie wynportefeulje gaan van krag tot krag,” sê Gerhard van der Wath, besturende direkteur by Overhex Wines International. Hierdie handelsmerk het ’n ongewone uniekheid wat dit buitengewoon gewild maak. Die toevoeging van die Chardonnay en Brut MCC is in tyd en gepas.”

Lees verder op vrouekeur.co.za.